Ruim teetuin

Kinderspeelarea

Ten volle gelisensieer

Kaggelvuur

Funksies - Feestelik en vriendelik!

 

Lokale beskikbaar

01 Onder die boom (mooi weer)
Maksimum gaste - 100

02 RoosTuin
Maksimum gaste - 25

03 Stoep
Maksimum gaste - 18

04 Bovertrek
Maksimum gaste - 60

Geskik vir

Groepfunksies, Swiertee’s, Kombuistee’s, Ooievaarstee’s, Verjaardagpartytjies

Kinderpartytjies, (met veilige speelpark)

Korporatiewe geleenthede, Konferensies

Kontantkroeg beskikbaar. Ten volle gelisensieer 

Groupfunksies in Pretoria

Spyskaartkeuses

Stuur navraag na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. vir volledige spyskaarte.
Ons kan aan groot groepe kos verskaf en ons het 4 pakette beskikbaar
♥ Swiertee/ High Tea Pakket
♥ Quiche Pakket
♥ Platters
♥ Bestel van Spyskaart

Swiertee’s (“High teas”) beskikbaar vir groepe van 10 of meer. High Tea sluit in verskillende soet en sout happies, koffie en tee en glas vonkelwyn.

 Quiche Pakket word individuele quiche bedien met slaai, verwelkomings drankie en koffie of tee.

 Verskeidenheid soet en sout platters beskikbaar vir funkies.

 Funksies kan ook gereel word waar gaste direk van die spyskaart kan bestel.

 Addisionele items kan ook bestel word vir jou funksie:
♥ Vonkelwyn en vrugtesap op tafels.
♥ Kurkfooi is R55 indien jy jou eie wyn wil saambring.
♥ Welkom drankie of Spritzer

 Partytjiepakkies vir kinders met lekkers,southappies en suiwer vrugtesap. Kliënte is welkom om hulle eie pakkies te bring waarin ons dan ons lekkergoed pak.

 Geen ander eetgoed van die kliënt of gaste word toegelaat nie, behalwe items soos cupcakes maar moet vooraf bespreek word met Koffietijd bestuur.

Fooie

  Lokaalfooi vir groepfunksies: R25 per person. Die prys sluit in:

  • Volledig gedekte tafel in Koffietijd styl met standaard gewilde kleurskema van eie keuse
  • Oordoeke
  • Wit lapservette (of ander soos beskikbaar)
  • Breekgoed, eetgerei, wit- en rooiwynglase indien nodig
  • Basiese Vars blomme wat Koffietijd s’n bly
  • Kontantkroeg op aanvraag
  • Wit of swart stoeloortreksels indien nodig met rugleuningwegbinders
  • Kliënte kan eie versierings aanbring wat inpas by Koffietijd se styl en verwyder alles weer, uitgesluit enigiets wat gestrooi word of brand

 Betaling van R500 minimum deposito of die lokaalfooi om die lokaal te bevestig op ‘n eerste-kom-eerste-opsie basis. Geen terugbetaling kan gemaak word met kansellasie minder as 5 dae voor die funksie nie. Die bedrag word op die finale rekening gekrediteer

 Kurkfooi: R55 per bottel 

  Diensfooi vir groepe van 8 of meer: 10% op rekening. Kliënte is welkom om meer te gee vir die kelner 

 Finale getalle, reëlings en bestellings moet ten minste 5 dae voor die funksie bevestig word. 
Plan B: Met slegte weer skuif alle funksies onderdak.

Tye

08:30 – 17:00 (Kombuis sluit 16:30).
Die oggendsessie sluit af teen 12:30, sodat die volgende een 14:00 kan begin

Translate

afenfifrdeelhtiwhihuisidgaitjakolvltmkmsmtnofaplptruslesswthtrcy

OM HIER TE WEES