Tuesday, 17 October 2017

SPESIALE FEESTIJD

Kliek op die skakel vir foto’s hierbo om ons aanbieding te sien

 

KONTAK

 

  • Koot, Jemima: 012 991 5728
  • This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
  • Padkaart in Word-2003-formaat en PDF (Google) beskikbaar.
  • Bevestig finale getalle, alle kos en drank, bv. vrugtesap, 5 dae voor die tyd.

LOKALE BESKIKBAAR

 

Maksimum gaste

Onder die boom

100 (Mooiweer)

Roostuin

22

Stoep

18

Hoofkamer

10

Voorkamer

12

Boonste vertrek

60

 

 

GESKIK VIR

  • Groepfunksies, Swiertee’s, Kombuistee’s, Ooievaarstee’s, Verjaardagpartytjies, Kinderpartytjies, (met veilige speelpark en springkasteel), Korporatiewe geleenthede, Konferensies.
  • Kontantkroeg beskikbaar. Ten volle gelisensieer.

 

SPYSKAARTKEUSES

  • Ons kan aan groot groepe kos verskaf en kliënte kan hulle eie spyskaarte vir gaste saamstel van ons spyskaart af. Die kliënt kan gaste beperk tot sekere items op die spyskaart. Die spyskaart is beskikbaar op ons webblad.
  •  
  • Spesiale spyskaarte kan gereël word vir spesiale funksies met meer as 20 gaste.
  •  
  • Vir meer as 15 gaste kan die kliënt heel koeke en quiches (±12 porsies per koek en ±8 – 9 porsies per quiche) oorweeg om te bestel. Detail is beskikbaar op die aanlyn bespreking en Bespreking en beraming wat u hieronder kan aflaai.
  •  
  • Grootborde sout- en soethappies is beskikbaar vir meer as 20 porsies per item – detail op die aanlyn besprekingen Bespreking en beraming wat u hieronder kan aflaai.
  •  
  • Swiertee’s (“High teas”) beskikbaar vir groepe van 20 of meer – detail op die aanlyn bespreking en Bespreking en beraming wat u hieronder kan aflaai. U kies 7 southappies en 3 soethappies uit die lys daarin. Die southappies word aan die begin bedien saam met ‘n glasie vars vrugtesap en die soethappies kom later aan die beurt saam met ‘n koppie tee of koffie.
  •  
  • Beker vrugtesap: R60 (tot ±7 – 10 wyn/sjampanjeglase) vir groepe groter as 10. Geen bekers water op die tafels – gebottelde water is beskikbaar.
  •  
  • Partytjiepakkies met lekkers en suiwer vrugtesap vir kinders: R35. Kliënte is welkom om hulle eie pakkies te bring waarin ons dan ons lekkergoed pak. Grootborde sout eetgoed, saamgestel van die kinderspyskaart, kan bestel word vir kinders.
  •  
  • Ons bak verjaardagkoeke volgens temas teen ongeveer R360 – R400 elk en voorsien kolwyntjies teen R18 elk. As die kliënt ‘n eie koek inbring, word ‘n “bordfooi” (soortgelyk aan ‘n kurkfooi) gehef van R10 per gas as die koek gesny  word.
  •  
  • Detail beskikbaar in die aanlyn bespreking en die “Bespreking en beraming” wat u hieronder kan aflaai.
  •  
  • Geen ander eetgoed van die kliënt of gaste word toegelaat nie, behalwe babakos.

 

FOOIE

  • Die “Bespreking en beraming” wat u hieronder kan aflaai bereken die begroting outomaties wanneer dit korrek voltooi word.
  • Lokaalfooi vir groepfunksies: R20 per persoon, minimum R250. Betaling van die minimum deposito van R500 bevestig bespreking op ‘n eerste-kom-eerste-opsie basis. Geen terugbetaling kan gemaak word met kansellasie nie. Ons dek die tafels spesiaal met kleurspesifieke tafeldoeke, oordoeke in beskikbare standaard kleure en blomme (gehuur). Eie versierings moet inpas by Koffietijd se styl; dit sluit alles wat gestrooi word of brand uit en die kliënt verwyder ook weer alles.
  • Kurkfooi: R50 per bottel.
  • Diensfooi vir groepe van 10 of meer: 10% op rekening.
  • Minimum 4 persone vir individuele rekening.

 

FINALE GETALLE, REËLINGS EN BESTELLINGS MOET TEN MINSTE 5 DAE VOOR DIE FUNKSIE BEVESTIG WORD.

 

TYE

08:30 – 17:00 (Kombuis sluit 16:30).

Die oggendsessie sluit af teen 12:30, sodat die volgende een 14:00 kan begin.

BANKBESONDERHEDE

Bankbesonderhede: Bank: Nedbank; Taknaam: Menlyn; Takkode: 198765; Rekeningnommer: 1482011271. Gebruik u naam en die kort datum van die funksie as u verwysing.

Aanlyn bespreking

Kliek hier om aanlyn te bespreek.

of

Bespreking en beraming

 

Kliek hier om die vorm in Excel af te laai wat ook u begroting outomaties bereken volgens u keuse uit ons verskeidenheid. Stoor dit na voltooiing en e-pos aan ons by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

 

Kry die padkaart vir gaste