Sunday, 20 August 2017

Kreatiewe kookkuns demonstrasie

 

Dit moet eenvoudig, maklik en pret wees om iets heerlik en iets anders as die gewone op te dis wanneer vriende en familie om die lang tafel met afwagting aansit. Met dit in gedagte bied Koffietijd die laaste Saterdagnamiddag van elke maand ‘n kreatiewe kookkuns demonstrasie aan.

 

Jemima, die eienares en aanbieder, is ‘n gesoute chef met dekades se ervaring van opleiding, resepontwikeling en stilering vir tv en tydskrifte.

 

Hier leer almal om interessante en bruikbare basiese koskennis toe te pas, om te beplan, skeppend te dink en eenvoudig te werk te gaan met dit wat in die koskas is. Met die geselligheid aan die einde geniet almal die dag se optowering saam met ‘n glasie wyn – ‘n goeie geleentheid vir ‘n vriendinnegroepie.

 

 

 

Inskrywings kos R180 per persoon en die geleentheid duur van 14:00 tot 17:00 in ons bovertrek. Voertaal is Afrikaans.

 

 

 

Voltooi hierdie vorm om aanlyn te bespreek

 

 

 

 

Bankbesonderhede: Nedbank, Menlyntakno 198765, Tjekrekeningno 1482011271 en die betaalbewys word gestuur aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Verwysing: Jou naam en “kookkuns”.