Thursday, 14 December 2017

KONFERENSIES

 

Ons konferensiekamer kan tot 60 persone in teaterstyl huisves of 30 by tafels met genoeg spasie vir die aanbieder.

Die kwekery skep ‘n goeie plek vir benerek.

 

Algemene reëlings:

 

1. Ons voorsien bekers water met een glas per funksieganger saam met suiglekkers en dit word aangevul tydens breuke.

 

2. Bestellings vir etes word geneem gedurende die laatoggend koffiebreuk.

 

3. Slegs Koffietijd kos, verversings en drank word toegelaat.

 

4. Met tydige kennis kan ons voorsiening maak vir spesiale diëte teen ’n premie.

 

5. Gaste kan vir hulle eie rekenings items bestel soos koek en koffie na ete of dergelik.

 

6. Breuke vir etes moet stiptelik geneem word om die beste gehalte van kos en goeie diens aan alle kliënte van die restaurant te verseker.

 

7. Finale tye vir die dag word aan die bestuurder gegee voor die aanvang van die funksie, anders hou ons by die tye in die kwotasie.

 

8. Oggendkoffie en die lokaal sal gereed wees ’n halfuur voor die aanvang van die funksie, tensy anders gereël.

 

9. Bespreking vir elke funksie word per e-pos bevestig met betaling van die deposito. Dit is nie terugbetaalbaar nie as ons skriftelik kennis kry daarvan minder as 15 dae voor die aanvang van die funksie.

 

10. Die aanbieder van die funksie is verantwoordelik vir die sinlike gebruik van klank, insluitend volumebeheer wat ander gaste van die restaurant en die omliggende besigheid in ag neem. Die diskresie van die restaurantbestuurder is deurslaggewend.

 

11. Finale getalle vir ’n funksie word bevestig drie dae voor die aanvang daarvan, voor 13:00.

 

12. Ons het ’n kragopwekker op 'n gereedheidsgrondslag gedurende kantoorure.

 

13. Alle breekskade deur die gaste of aanbieder van ’n funksie is vir die rekening van die organiseerder.

 

14. Die beraming voorsien die maksimum bedrag vir kos en verversings, maar die finale rekening mag minder wees as gaste se bestellings dienooreenkomstig was, behalwe vir gekookte etes op Sondae.

 

 

VOORLOPIG BERAAMDE KOSTE

Item

Koste per persoon

Koffie, tee en beskuit - 1 beskuit per persoon

R  18.00

Vrugtesap - per beker R50 (± 8 sjampanjeglase)

R    6.25

Koffie, tee, koeldrank met muffins en skons

R  24.00

Middagete - persoonlike bestelling met vrugtesap*

R  60.00

Koffie, tee, koeldrank

R  14.00

Aandete - persoonlike bestelling met vrugtesap*

R  60.00

Mineraalwater - 3 botteltjies per persoon

R  18.00

 TOTAAL - KOS EN VERVERSINGS

R 200.25

Lokaalfooi

R   30.00

Diensfooi

R   23.00

Daaglikse totaal

R 253.25

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Aanlyn versoek vir kwotasie

  

Kliek hier om aanlyn ‘n kwotasie aan te vra.

 

Kry die padkaart vir gaste